Off

Heerlike verblyf met baie privaatheid en aangename
omstandighede. Dit is ook baie sentraal geleë in ‘n stil omgewing, maar naby aan die belangrikste winkelsentrums. Die gasvrou is baie vriendelik en gaaf en laat ‘n mens baie gou tuis voel.

Ek kon reel  om baie later uit te boek as gevolg van omstandighede en dit maak dit net makliker om gou weer soontoe te gaan!

Daar is voldoende onderdak parkering en ‘n gevoel van “veilig”.
Die groen en boomryke area het my beindruk en dit het regtig gevoel soos huis weg van die huis in Potchefstroom